Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons harte bly gevul met dankbaarheid oor die reën. Vandag wil ek tog vra dat ons 'n denkskuif moet maak (indien nodig) na 'n lewe waarin ons altyd dankbaar teenoor die Here is. Ek praat van 'n lewe waarin ons jubel en juig oor God is Wie Hy is en oor ons Sy kinders mag wees. Elke dag is die Almagtige Skepper (en dus uiters kreatiewe en vermoende) God teenwoordig by ons. Nie net teenwoordig nie maar kies Hy oms ons liggame tot tempels van Hom te omskep. Dit opsigself is genoeg rede om altyd te wil jubel en juig oor God en gevul te wees met 'n diepe dankbaarheid wat absoluut niks met ons omstandighede uit te waai het nie. Wees bly moedig. Wees dankbaar. Kan ek in hierdie week se voorbidding so effe die fokus verskuif? Kom ons bid vir mense wat alleen oor die kerstyd gaan wees. Baie is al reeds alleen. Kom ons bid vir hulle en besoek as jy so iemand ken. Dit is ook die tyd wat almal kersgeskenke koop. As jy kan koop 'n bederfie vir iemand wat dit nie ruim het nie en gee dit af namens die Here. Siekes: Annemarie; SuMari; DaanS; Oba; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; KoosvZ; Louis C; Susan C; Michelle G; Piet H; Marietha B; Annatjie. Bly asb steeds Kol 1: 9 - 14 te bid vir ons as gemeente en vir gelowiges in SA "Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes." Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Bid vir die krisis rondom ESKOM en die SAL en Prasa. Die hartseer is dat die goed 'n domino effek gaan hê regdeur ons ekonomie. Kom ons onthou en sê dit vir mense: Ons moet op God bly vertrou. Nie op mense nie maar op die Here. God kan die land omswaai en red. Mense gaan net na hul eie sakke omsien. Bid vir die regering (dis ons Bybelse plig). Bid vir onderwys en onderwysers. En bid vir die ouers. Bid VERAL oor die seksopvoeding wat die onderwys departement so stil stil probeer inglip. Bid teen die beoogde wetgewing vir grondgrype. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Baie dankie vir u liefde en trou aan die Here. Ek bid dat die Here by jou sal wees en dat jy daarvan bewus sal bly en geseën sal wees deur die Almagtige se teenwoordigheid in jou en om jou.