Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Hierdie week is 'n groot dankie vir die reën weer voorop. Die Here se genade in die verband is ongelooflik kosbaar en ek dank Hom met alles in my. Ons is steeds by Kol 1: 9 - 14: "Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes." Boekmerk asb hierdie deel in jou Bybel en kom ons lees dit elke dag vir die volgende week of drie. Selfs meer as een keer per dag. En met elke lees bid jy oor dit wat vir jou uitstaan. En later bid jy elke vers vir die gemeente. Bid ons dankbaar vir mekaar, bid ons vir groei en toename in goeie werke en in ons kennis van God. bid ons dat God met Sy krag ons die sterkte sal gee om geduldig te volhard. En en enso aan. Dit is die tipe gebede wat jou gebedslewe gaan verdiep en God se gemeentes hier in Deneysville gaan verander. Dankie dat ek op jou kan staat maak vir bg. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Bid vir die regering (dis ons Bybelse plig). Bid vir onderwys en onderwysers. En bid vir die ouers. Bid VERAL oor die seksopvoeding wat die onderwys departement so stil stil probeer inglip. Bid teen die beoogde wetgewing vir grondgrype. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Verlede Sondag was nagmaal op Deneysville. Dank die Here vir Sy genade en vernuwings-werk in ons. Laat asb jou dank verder as woorde vloei deur hernuwde toeweideing en gehoorsaamheid aan dit wat God wil. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; KoosvZ; Neville; Louis C; Susan C; Pieter dP; Lily G (sy is prematuur gebore) (sy is Saterdag ontslaan uit die hospitaal en vir die eerste keer in haar lewetjie tuis by haar gesin. Ons dank die Here vir haar vordering); Michelle G; Piet H; Marietha B; Annatjie; Hester E; Flippie; Daan. Baie dankie vir u liefde en trou aan die Here. Ek bid dat die Here by jou sal wees en dat jy daarvan bewus sal bly en geseën sal wees deur die Almagtige se teenwoordigheid in jou en om jou.