Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
2 Korinthiërs 13: 5 "Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie." Die opmerking lê teen die agtergrond van mense wat Paulus aanvat as synde dat hy swak sou wees en hulle sterk. En tog is juis dit wat ons sterk maak die feit dat ons swak is, dws totaal afhanklik van God leef. So die vraag word 'n vraag na of ons uit eie krag uit leef of uit Christus uit. Vra die Here om jou te lei in die antwoord van hierdie vraag. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Bid vir die regering (dis ons Bybelse plig). Bid vir onderwys en onderwysers. En bid vir die ouers. Bid VERAL oor die seksopvoeding wat die onderwys departement so stil stil probeer inglip. Bid teen die beoogde wetgewing vir grondgrype. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Sondagaand is nagmaal op Vaalmarina en die eerste Desember 2019 nagmaal hier op Deneysville. Bid asb dat ons harte voorbereid sal wees en ons onsself wel deeglik voor die Here verootmoedig het en gebreek het met ons sondes. Mag die Here Sy doel met die nagmaal volledig in ons kan bereik. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; KoosvZ; Neville; Louis C; Susan C; Pieter dP; Lily G (sy is prematuur gebore); Michelle G; Piet H; Marietha B. Met Lily gaan dit goed onder omstandighede. Ons vorder. Met Pieter dP 'n effens terugslag, hy moet Maandag terug teater toe. Annemarie moet die skade van die bestraling omgekeer word. Een van ons mede-lidmate is betrokke by 'n sendeling. Lg beleef aanvegtinge van die Bose af en is onder druk (hy en sy gesin). Kom ons bid vir hierdie man en sy gesin en vir sy bedieningswerk. Baie dankie vir u liefde en trou aan die Here.