Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie more Ek is hierdie week nogsteeds by Esgiël 47: 1 - 12. Die rede is eenvoudig: dikwels met die vierde vyfde lees van 'n teks gaan nuwe lig oop, dus staan ons soms langer stil by 'n gedeelte. Andersins is die herhaling goed vir ons geheue sisteme. In die lig van die wonderlike reën wat God so genadiglik geskenk het, hoe beleef jy nou Esegiël se visioen? Moet nie net na die natuur kyk nie maar dink elke aspek van wat hy sien deur tot in jou persoonlike lewe en geestelike lewe in. Voel weer die water. Raak weereens verwonderd oor die bome en die groei en die visse. Wees verstom oor die dooie see wat nou vars is en gevul is met vis. Kyk by die venster uit en sien wat God in die natuur kan doen. En sien dan wat God in jou en met jou kan doen. Alles ter wile van Sy heiige Naam. Alles vanuit Sy heilige teenwoordig wees by ons. Raak verstom oor God en dank Hom en loof Hom. Lees nou weer Johannes 7:37 - 39 God wil stromende lewende water uit jou uit laat stroom. Hierdie gemeente kan wees soos die tempel in Esegiël se visioen van waar lewe kan vloei tot in die dorste harte in. Die Gees doen dit. Sorg dat jy in gebed en hart by die Here bly. Maak jou lewe daagliks oper vir die Gees om te werk. Meer Christus, minder ek en jy. En raak verstom oor hoe die Here hierdie land en Sy gemeentes omkeer. Bid bg vir elke gelowige wat jy ken. Hou aan met dit bid. moenie ophou om dit te bid nie. Kom word deel van die Here se droom. Ons bid steeds vir reën: Opvolg reën en damme volmaak reën. Baie plekke is die boonste 9mm of so van die grond nat maar onder dit is dit nog kurkdroog. Bid asb vir goeie reën oral waar dit so dringend nodig is en ook hier by ons. Moenie moed opgee nie. Hou aan met bid. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Bid vir die regering (dis ons Bybelse plig). Bid vir onderwys en onderwysers. En bid vir die ouers. Bid VERAL oor die seksopvoeding wat die onderwys departement so stil stil probeer inglip. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; KoosvZ; Neville; Louis C; Susan V; Pieter dP; Lily G (sy is prematuur gebore); Michelle G; Piet H; Met Lily gaan dit goed onder omstandighede. Ons vorder. Met Pieter dP 'n effens terugslag, hy moet Maandag terug teater toe. Annemarie moet die skade van die bestraling omgekeer word. Een van ons mede-lidmate is betrokke by 'n sendeling. Lg beleef aanvegtinge van die Bose af en is onder druk (hy en sy gesin). Kom ons bid vir hierdie man en sy gesin en vir sy bedieningswerk. Baie dankie vir u liefde en trou aan die Here.