Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vandag val ek by die gebedsdeur in met die Onse Vader gebed. Veral die eerste drie bedes: Laat U Naam geheilig word; Laat U kkoninkryk kom; Laat U wil geskied ... Dit is wat belangrik is en voorop moet wees in ons lewens en in ons gebede. Dit is wat sal maak as ons dit bid en glo en leef dat hierdie land anders sal lyk en vrouens en kinders weer veilig mag wees. Dit is wat sal meebring dat God ons ook meer kan seën met reën en al die ander dinge waarvoor ons bid. Bv met ons daaglikse brood. En as God jou vul met Sy koninkryk en jy oorweldig is deur Sy heiligheid dan kan jy nie anders as om te wil vergewe soos Hy jou vergewe nie. So, bid asb die Onse Vader getrou vir ons as gemeente. Vir die afgelope vier weke veral, het ons gebid oor geweld teen vroue en kinders. Moet asb nie ophou nie. Bid teen alle vorme van geweld en haat en korrupsie en misdaad. Bid vir bekerings, en 'n definitiewe omswaai in lewenswyse en uitkyke want dit is ons denke wat ons dade bepaal. Groot op almal se gemoed is reën. Bid asb vir goeie reën oral waar dit so dringend nodig is en ook hier by ons.Die was wonderlik om te hoor na verlede Sondag se gebede vir reën dat Beaufort Wes en Graafreinette en plekke reën gekry het. En groot reën in Mossebaai. Moenie moed opgee nie. Hou aan met bid. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Bid vir die regering (dis ons Bybelse plig). Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; Theuns; Dina; Kobus J; Kobus Jo; KoosvZ; Chris F.; Neville; Louis C; En dankie Heila S en Ina P is uit die hospitaal ontslaan en dit gaan beter met albei. Baie dankie.