Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vir die afgelope drie weke veral, het ons gebid oor geweld teen vroue en kinders. Moet asb nie ophou nie. Bid teen alle vorme van geweld en haat en korrupsie en misdaad. Bid vir bekerings, en 'n definitiewe omswaai in lewenswyse en uitkyke want dit is ons denke wat ons dade bepaal. Groot op almal se gemoed is reën. Bid asb vir goeie reën oral waar dit so dringend nodig is en ook hier by ons. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Anette P; Richard; Andre en Cindy; Theuns; Dina; Kobus J; Kobus Jo; KoosvZ; Chris F.; Neville; Heila S; Ina P. Baie dankie.