Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vir die afgelope twee weke veral, het ons gebid oor geweld teen vroue en kinders. Moet asb nie ophou nie. Bid teen alle vorme van geweld en haat en korrupsie en misdaad. Bid vir bekerings, en 'n definitiewe omswaai in lewenswyse en uitkyke want dit is ons denke wat ons dade bepaal. Begin dan self ook 'n punt maak om te vergewe en te gaan goed doen aan alle mense. Jesus het die 10 gebooie saamgevat in twee gebooie wat as gemeenskaplike deler die woord liefde het. Dit, my liewe mens is al wat God van ons vra: Dat ons sal liefhê. God bo alles lief hê en ander mense so lief sal hê soos wat ons onsself het. Dink daaroor: Liefde doen niemand kwaad aan nie, liefde verkrag nie, liefde vermoor nie. As dit seermaak, pyn veroorsaak, dan is dit nie liefde nie. Lees gerus weer 1 Kor 13 en 1 Johannes 4 vanaf vers 7. En om ons maak 'n punt om 1. Te bid dat God ons tot oorlopens toe sal vul met Sy liefde sodat dit na ander kan vloei 2. Elke dag te fokus op liefde te lewe. Sit "reminders" op jou foon wat jou hieraan herinner. Of vind ander maniere om dit te doen. Raak kreatief soos die dame wat 'n basiese kospakkie in haar motor aanhou wat sy uitdeel waar sy voel dis nodig. 3, Aan die einde van elke dag bid jy en vra: Here, het ek iewers 'n geleentheid gemis om in U naam iemand lief te hê? En more doen ons dit weer. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Vir die gemeente: (Hou asb aan met hierdie sake. Dit is maak en breek belangrik vir ons as gemeente) 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Annette B; Anette P; Richard; Andre en Cindy; Theuns; Dina; Kobus J; Kobus Jo; KoosvZ; Chris F.; Neville. Baie dankie.