Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Verlede week het ons gebid oor geweld teen vroue en kinders. Moet asb nie ophou nie. Bid teen alle vorme van geweld en haat en korrupsie en misdaad. Bid vir bekerings, en 'n definitiewe omswaai in lewenswyse en uitkyky want dit is ons denke wat ons dade bepaal. Begin dan self ook 'n punt maak om te vergewe en te gaan goed doen aan alle mense. Bid vir die ekonomie. Vir werksgeleenthede. Vir die gemeente: 1. Bid dat ons Jesus sal volg in alles. Elke lidmaat gefokus agter Jesus aan sal leef soos Hy ons elkeen lei in ons eie lewens. 2. Bid dat ons nie meer sal leef nie maar Jesus in ons sal leef. 3. Bid dat ons werklik die pad van sefverloëning sal stap. Matteus 16: 24 los jou met die keuse: wil jy of wil jy nie? As jy wil, DAN moet jy jouself verloën. Christenskap sonder selfverloëning kan tog nie. As jy saam met Jesus wil leef dan moet jy jou kruis optel en Hom VOLG. Bid dat ons hierdie besluit duidelik voor oë sal kry en dit neem! 4. Daarmee bid ons dan dat ons in Jesus se gemeente hier ter plaatse, Hom sal volg, en onsself sal verloën twv Hom. Dit is ongelooflik belangrik: Bid asb hiervoor sonder ophou. 5. Bid dus dat ons soos God sal liefhê en soos God sal vergewe. Siekes: Oba; Annemarie; Attie; Annette B; Anette P; Richard; Andre en Cindy; Theuns; Dina; Kobus J; Kobus Jo; KoosvZ Baie dankie.