Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Wysheid is nogals 'n tema wat 'n paar keer voorkom in Jakobus. In Jakobus 3: 17-18 "Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Reeds in Jakobus 1: 5 en verder: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Ek dink 'n groot bekommernis in ons almal se lewens is die stygende misdaad vlakke. Dalk is dit net 'n persepsie (ek het nie syfers nie) maar die uus word gedomineer deur plaasmoorde, geweldadige huisbrake, onderwysers wat by skole geskiet word en so kan 'n mens aangaan." Die wysheid is iets waarvoor ons tot God bid, en van God ontvang. Dit is egter ook iets wat 'n uitwerking op ons het. Wysheid verander ons. Wyse mense is vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg. Wysheid gee jou 'n doelwit om na te strewe en hierdie doelwit is iets wat jy word. Dit is nie soseer doen in die eerste plek nie maar iets wie jy is. Wyshed bring jou in die regte verhouding met God in. Kom ons fokus hierdie week en verder om te bid vir wysheid. Ons vra die Here om by ons te begin en ons te verander om die goed wat hierbo gesê is self eers te word. Ons bid dit ook vir die res van die gemeente en sommer ook vir die land. Ons begeer 'n land vol mense wat in die regte verhouding tot God leef. Kom ons bid steeds vir die slagoffers vir heelword, genesing of wat ookal ter sprake mag wees. Vir die oortreders / misdadigers bid ons bekering en dat hulle gevang mag word en die gereg effektief en presies sal werk. So ook met korrupsie. Ons bid vir die ekonomie. Agter baie van die diefstal lê daar honger en pogings om 'n gesin te voed (baie verkeerde manier om te steel net om jou kinders kos te gee, ek weet). bid vir die ekonomie om te swaai; makliker wetgewing rakende arbeid en die begin van nuwe besighede. Ensomeer Vir die gemeente: Siekes: Frank; Attie; Sumari; Richard; Oba; Andre en Cindy; Piet. Dat ons sal groei in Jesus se liefde. Dat ons sal vergewe soos Hy ons vergewe. Dat Hy ons alles in alles sal wees: ons closure, ons krag, ons besluitneming en en en .. Dat ons God op elke manier denkbaar sal eer. Ook in ons dankoffers. Bid vir die Wildsfees se reelings en als wat in plek moet kom en nog gebeur voor 20 Julie. Bid vir Sondag se erediens. Sonder ons gebede kan ons maar die diens los. Bid vir die regering.