Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die meeste van ons bid na ons Boeke gevat het. Maw na ons uit die Bybel gelees het. Dit is 'n manier van luister. Luister na die Wood en dan bid ons oor iets in die Woord wat ons aangespreek het. En eers daarna dan bring ons ons besorgdhede na die Here. Ons is geleer gebed is 'n twee rigting gesprek. Kan ek vandag aan die hand doen dat ons ook na gebed kyk as 'n manier van wees voor God. Gebed word die gesindheid van my hart wat na bowe stu soos ek dinge doen en dinge gebeur in my dag. Byvoorbeeld as ek skottelgoed was dan is dit nie meer 'n plig nie maar 'n dankgebed waarin ek terwyl ek was God dank dat ek skottelgoed gehad het om te was. Daar was kos om te kook en te geniet. En ek dank Hom vir Sy seën en voorsiening aan my en my dierbares. Gebed is ook 'n daad van liefde waar ek soms net stil by God sit, tevrede in Sy teenwoordigheid. En ek luister. En ek is tevrede want ek is by ons Vader. Gebed soos in Nehemia gebeur verder ook in een sin opmerkings teenoor die Here, ander kere in skietgebede in kritiese oomblikke geuiter. En as ek so dink dan kom ek nie klaar gebid nie, is gebed nie iets wat ek in my agterkop kan aftik as ek het vandag gebid nie. Dit word 'n liefdevolle saamwees met die Almagtige wat sporadies en soms gereel met woorde gevul word. Ek vra dat ons in die tye wat ons woorde gebruik (besorgdhede deurgee en ander mense opdra aan God) ook die volgende sal deel met ons Verlosser: 1. Siekes: HannesU; FrankH; PietZ; SuMariF; CindyV; Lorna; GrantP; MartinK; Die Heilige Gees met krag in hierdie gemeente sal werk. Hy ons sal hou as lote in die Wingerdstok sodat ons kan vrug dra vir Hom. Liefde, geloof en vergifnis kentekens van elke gelowige sal word . Eredienste presies dit sal wees: Dienste waarin ons eer aan God bring en te midde van dit beleef dat God ons vernuwe en verdiep. Dat ons ingesteldheid op God sal wees. Finansies. Lidmate se finansies. Die gemeente s'n. Mag ons geloof in ons finansies weerspieel word en mag ons finansies iets sê van ons geloof in God. 2. Kerk in breër verband. Die hartseer gebeure rondom Morelettapark gemeente. Die media se hantering daarvan. Die hantering van die sg debat oor seksualiteit (ek weet nie meer wat 'n mens dit mag noem sonder om geskiet te word). Mag die Here Sy gemeentes en dus ook die kerk met wysheid bedien en lei rondom hierdie en ander netelige kwessies. Die OVS Sinode is besig met herstrukturering. Bid vir die proses. 3. Die land Bid vir die regering. Vir die regering en parlement ens wat nou hersaamgestel word. Bid vir wysheid en bid dat God dit mag bestuur. Dit is die wil van God dat ons vir die regering moet bid (selfs al is die regering van die dag nou nie juis jou keuse nie) Bid teen misdaad en korrupsie. Bid vir skole en opvoeding. Ekonomiese groei en werkskepping. Dankie.