Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Kan ek 'n vraag vra? Wie sal hierdie week vir God dankie sê omfat Hy jou oor hulle pad gestuur het? Ek vra hierdie vraag om 'n bewustheid by ons aan te wakker dat ons 'n verskil moet maak elke dag. Ons is God se gestuurdes na 'n stukkende wêreld en wat is meer stukkend as hierdie land. Ons begin by ons self. Bid oor bogenoemde. Vra die Here om jou te lei. Met die verkiesing 'n week weg begin ek op hierdie punt: Bid vir die verkiesing. Bid dat God se wil sal geskied. Bid vir die volgende siekes: Su-mari (kanker), Frank (kanker), Louis, Sylvia, Andre en Cindy, Rachel, Attie (kanker versprei), Chris, Kobus Kanker versprei) ea. Hierdie mense het werklik volhardende gebed nodig. Spandeer asb ekstra tyd die week in spesifieke gebed vir hulle en ook die ander siekes wat ek nie almal hier noem nie. Bid vir die gemeente: Kerkraadsvergadering van 8 Mei 2019 'n Groter wordende gehoorsaamheid aan God, 'n onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God. Bid vir verdieping in elke lidmaat se geloof en dus ons almal se verhouding met Jesus Christus. Bid vir die eredienste. Daarmee saam, bid dan dat ons onsself nog meer sal verloën twv Christus en ons selfs nog meer gefokusd vir Hom uitleef. Bid dat in ons elkeen se lewe, elke woord, daad, gedagte en gesindheid tot eer van Christus sal wees, onder Sy leiding geleef sal word en Hom en Hom alleen sal eer bring. Bid vir die gemeente se finansies, die basaar van 25 Mei. Bid vir die land: Politic tot bekering mag kom. Korrupsie en leuens sal afneem en eindig. Misdaad, misdaad, korrupsie, plaasmoorde, ander moorde en verkragtings en en en en ... Ten laaste: Bid vir die lewens en lewenskwaliteit van die mense om jou, in jou straat en by die werk, want, so sê die Here in Jeremia 29 hulle welstand raak ook jou.