Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek kyk weer na Sondag se boodskap. (Dit is op die Toep onder preke). Die drie dinge wat die dissipels daardie aand gehoor het hulle moet gaan uitdra: (Lukas 24: 45 - 49) 1. Die Christus moes ly (sluit die kruisdood in) 2. Hy moes op die derde dag uit die dood opstaan 3. “En in Sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verondig word ...” Ek vra dat ons hierdie drie punte ons gebedsfokus maak. Ons visie as gemeente is tog immers een waarin elke lidmaat 'n getuie is van Jesus Christus. Bid dit asb vir elke gemeentelid. En dan vir elke gelowige in SA. Bid vir genesing vir Su-mari, Frank, Louis, Sylvia, Andre en Cindy, Rachel, Attie, Chris ea. Hierdie mense het werklik volhardende gebed nodig. Spandeer asb ekstra tyd die week in spesifieke gebed vir hulle en ook die ander siekes wat ek nie almal hier noem nie. Bid vir die gemeente: Kerkraadsvergadering van 8 Mei 2019 'n Groter wordende gehoorsaamheid aan God, 'n onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God. Bid vir verdieping in elke lidmaat se geloof en dus ons almal se verhouding met Jesus Christus. Bid vir die eredienste. Daarmee saam, bid dan dat ons onsself nog meer sal verloën twv Christus en ons selfs nog meer gefokusd vir Hom uitleef. Bid dat in ons elkeen se lewe, elke woord, daad, gedagte en gesindheid tot eer van Christus sal wees, onder Sy leiding geleef sal word en Hom en Hom alleen sal eer bring. Bid vir die gemeente se finansies, die basaar van 25 Mei. Bid vir die land: Verkiesing van 8 Mei 2019. Dit is belangrik. Ons bid nie naastenby met genoeg erns oor hierdie aangeleentheid nie. Politic tot bekering mag kom. Korrupsie en leuens sal afneem en eindig. Misdaad, misdaad, korrupsie, plaasmoorde, ander moorde en verkragtings en en en en ... Ten laaste: Bid vir die lewens en lewenskwaliteit van die mense om jou, in jou straat en by die werk, want, so sê die Here in Jeremia 29 hulle welstand raak ook jou.