Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Neem tyd om introspeksie te doen. Vra die Here om jou te lei hierin. Vra vrae soos is ek nog besig met die regte dinge? Is dit wat God van my vra? Is ek iemand wat steeds by Christus leer? Kyk na jou gebedslewe. Lewe jy soos Jesus vanuit jou gesprekke met God? Bid vir genesing vir Su-mari, Frank, Louis, Sylvia, Andre en Cindy, Johan S, Rachel, Cris ea. Hierdie mense het werklik volhardende gebed nodig. Spandeer asb ekstra tyd die week in spesifieke gebed vir hulle en ook die ander siekes wat ek nie almal hier noem nie. Bid vir die gemeente: Kerkraadsvergadering van 8 Mei 2019 'n Groter wordende bewus wees van God se teenwoordigheid, orals en ten alle tye en veral in die eredienste. Bid vir verdieping in elke lidmaat se geloof en dus ons almal se verhouding met Jesus Christus. Bid vir die eredienste. Daarmee saam, bid dan dat ons onsself nog meer sal verloën twv Christus en ons selfs nog meer gefokusd vir Hom uitleef. Bid dat in ons elkeen se lewe, elke woord, daad, gedagte en gesindheid tot eer van Christus sal wees, onder Sy leiding geleef sal word en Hom en Hom alleen sal eer bring. Bid vir die gemeente se finansies, die konsert van die 12de April en die basaar van 25 Mei. Bid vir die land: Dienslewering Misdaad Verkiesing van 8 Mei 2019. Dit is belangrik. Ons bid nie naastenby met genoeg erns oor hierdie aangeleentheid nie. Politic tot bekering mag kom. Korrupsie en leuens sal afneem en eindig. Ten laaste: Bid vir die lewens en lewenskwaliteit van die mense om jou, in jou straat en by die werk, want, so sê die Here in Jeremia 29 hulle welstand raak ook jou.