Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Met die een wat glo. Stromende lewende water sal uit sy binneste vloei. Is dit waar van gelowiges in SA? Is dit waar van ons? Kom mense hulle dors les by Jesus na gelang van ons lewens? In een van die ander kere toe Jesus van lewende water gepraat het, was dit ingesprek met die Samaritaanse vrou. En daarna was sy die draer van die lewende water na die mense in haar dorpie. Sy het vir hulle gaan sê om te kom na die put en te kom kyk "is hierdie man nie dalk die Messias nie?" Hoe sou SA kon lyk as ons waterdraers was? Bid vir genesing vir Su-mari, Frank, Louis, Sylvia, Andre en Cindy, Johan S, Rachel, Cris ea. Hierdie mense het werklik volhardende gebed nodig. Spandeer asb ekstra tyd die week in spesifieke gebed vir hulle en ook die ander siekes wat ek nie almal hier noem nie. Dink ook aan die Dippenaar gesin wie 'n geliefde aan die dood afgestaan het. Bid vir die gemeente: 'n Groter wordende bewus wees van God se teenwoordigheid, orals en ten alle tye en veral in die eredienste. Bid vir verdieping in elke lidmaat se geloof en dus ons almal se verhouding met Jesus Christus. Bid vir die eredienste. Daarmee saam, bid dan dat ons onsself nog meer sal verloën twv Christus en ons selfs nog meer gefokusd vir Hom uitleef. Bid dat in ons elkeen se lewe, elke woord, daad, gedagte en gesindheid tot eer van Christus sal wees, onder Sy leiding geleef sal word en Hom en Hom alleen sal eer bring. Bid vir die gemeente se finansies, die konsert van die 12de April en die basaar van 25 Mei. Bid vir die land: Dienslewering Misdaad Verkiesing Politic tot bekering mag kom. Korrupsie en leuens sal afneem en eindig. Ten laaste: Bid vir die lewens en lewenskwaliteit van die mense om jou, in jou straat en by die werk, want, so sê die Here in Jeremia 29 hulle welstand raak ook jou.