Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die reën vanoggend is so kosbaar. Kom ons dank die Here vir dit. Die fokus is vanoggend meer op die siekes: Bid vir genesing vir Su-mari, Frank, Louis, Sylvia, Andre en Cindy, Johan S, Josien, Chris ea. Hierdie mense het werklik volhardende gebed nodig. Spandeer asb ekstra tyd die week in spesifieke gebed vir hulle en ook die ander siekes wat ek nie almal hier noem nie. Die uitspraak van die hof oor die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagsverhoudinge vra baie gebed. Bid dat die Here Sy kerk sal lei en dat ons almal, (want ons is die kerk) God se leiding duidelik sal hoor. Soos iemand tereg opgemerk het: Hierdie is nie tye vir oppervlakkige Bybellees nie. Maar vir 'n diper soeke na wat God wil. Ek is vanoggend sommer net dankbaar vir alles waarmee die Here in die gemeente mee besig is. Stil stil is God besig om dinge te verander. Daar is net iets anders in die eredienste. Bid vir die gemeente: 'n Groter wordende bewus wees van God se teenwoordigheid, orals en ten alle tye en veral in die eredienste. Bid vir verdieping in elke lidmaat se geloof en dus ons almal se verhouding met Jesus Christus. Daarmee saam, bid dan dat ons onsself nog meer sal verloën twv Christus en ons selfs nog meer gefokusd vir Hom uitleef. Bid dat in ons elkeen se lewe, elke woord, daad, gedagte en gesindheid tot eer van Christus sal wees, onder Sy leiding geleef sal word en Hom en Hom alleen sal eer bring. Bid vir die land: Dienslewering Misdaad Verkiesing Politic tot bekering mag kom. Korrupsie en leuens sal afneem en eindig. Ten laaste: Bid vir die lewens en lewenskwaliteit van die mense om jou, in jou straat en by die werk, want, so sê die Here in Jeremia 29 hulle welstand raak ook jou.