Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Voorop staan hierdie week die gesinne en jongmense en personeel van Driehoek hoërskool. Bly asb bid vir hulle. Ons het verlede week gebid vir reën en nou het ons die wonderlike voorreg om God te dank vir die reën. Party plekke baie reën. Ander min. God het genade gegee en ons geseën. Ons dank God daarvoor. Hierdie maand is die gemeente se finansies verrassend beter. Ek wonder of die dankoffers al ooit in 'n Januariemaand so hoog was. Ook hiervoor dank ons God. Ons bid steeds vir: 1. Reën 2. Ons dank God vir die reën wat ons ontvang het. En vir opvolg ook. 3. Vir die gemeente se finansies. Dit is begrotingstyd en elke jaar is ons nog meer en meer bekommerd. Die ekonomiese tye waarin ons leef raak ook die gemeente. Bid dat die Here uitkoms bring. Ek dank die Here vir Sy goedheid ook. Dit is Hy wat ons tot hiertoe gebring het en dit is Hy wat ons ook weer uitred en dit is die Here op Wie ons hoop vir 2019/20. 4. Geestelike groei. Die droom is dat elke lidmaat 'n getuie van Jesus sal wees: Mense wat Jesus leef. Bid vir daardie groei asb. 5. Die woordjie erediens sê dit presies: dit is die diens wat eer bring aan God.so gesien is dit uiters hartseer as daar steeds mense is wat wegbly om allerlei redes, waarvan ek nog nooit een gehoor het wat God beskuldig of uitwys nie. Bid asb dat ons tsv mense en dinge sal kom om aan God die eer te bring en onsself in diens aan Hom te gee. Al die mag, die heerikheid en die eer kom God toe. 6. Bid dat ons die eenvoudige beginsel snap: Jy moet God lief hê met jou ganse mens wees. Jy moet mekaar liefhê. Haat, onverskilligheid is nie deel van hierdie twee gebooie nie. Dis eenvoudig. Doen dit net. Wees liefde. Bid dat ons dit sal sna en leef en wees. 7. Bid vir die kerkraadsvergadering. Siekes: FrankH; FreekB; AnnatjieG; ObaP; Hannes vH; Andre en CindyV; LouisC; DeMei Land: Bid vir die regering. Dit is God se wil Bid vir die verkiesing. Ekonomie Vrede. Geregtigheid. Geen korrupsie of misdaad meer. Rasse wat klaar kom met mekaar en saam werk tot 'n beter toekoms vir almal. Onderwys.