Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek kan nie die wingerdstok en die loot wees nie. Ek is of die wingerdstok of ek is die loot. Hierdie is die punt waaroor ons met God wil praat die week. Moet asb nie jou eie waardasie maak nie. Moenie self besluit ek is 'n loot nie. Vra die Heilige Gees hierdie week om vir jou te wys in he verre is jy 'n loot. en is ons werklik nog verbind aan die Wingerdstok. In November tot Desember as die perskes ryp word sien jy dinkwels geknakte takke. Die perskes is kleiner. Dit sukkel en begin verlep.Ons wil nie daar wees nie. Ons wil ten volle in Christus wees. Ek kan sien dat vir ons om in Christus te bly, vra dat ons tyd met Christus spandeer. Kwaliteit tyd gefokus op Hom. Hoe anders sal Sy krag deur ons kan vloei as ons nie ten volle in Hom bly nie? Gebed. Bewus bly van Sy teenwoordigheid. Sy wil te soek in alles en dit dan te leef. Ek glo ek kan dit opsom in om God lief te hê met my hele lewe. Ons bid ook vir: Boere. 'n Boer in die karoo het gevra as ons so 7dae se sagte reën kan kry. Drie jaar laas daar gereën volgens hom.Bid vir reë in al die droogte geteisterde gebiede. En opvolg reën vir ons ook. Bid vir die lanbousektor wat onder groot druk verkeer. Bid vir ekonomiese groei. Werkgeleenthede. Bid vir vrede, stabiiteit en 'n einde aan al die verdeeldheid en haat. Bid vir die verkiesing. Bid teen al die korrupsie en dat die oortreders soos deur die kommissies uitgewys word in die hog kom en waar skuldig in die tronk. Bid vir Zimbabwe. In Jeremia 29 word ons herinner dat hoe dit met die mense om ons gaan raak ons ook. Bid vir hulle. Bid vir die gemeente: Verdieping in ons geloof. Uit Christus uit sal lewe. Net Christus sal verkondig en lewe. Positiewe omswaai in die finansies. Die 2018/2019 boekjaar gaan nie positief afsluit tensy God 'n wonderwerk verrig nie. Lidmate sal besef die erediens is die God gegewe geleentheid waar ons byeen kom om God SAAM te eer. Die Here merk op dat ons afwesig is. Bid vir mekaar: Veiligheid Finansies Geestelike groei Vrede, seën en vreugde van Bo