Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Dit is met diepe dank teenoor God dat ek hier skryf. Ek hoop dat jy saam met in dank voor God sal buig. Dit is God wat my gesondheid behou laat bly. Dit is God wat my seën met voedsel op die tafel. Dit is God wat ons bederf het met reën in die afgelope weke. So kan ek aanhou. In elke aspek van my lewe sien ek meer en meer redes om God te dank. Kyk. Sien. Dank. Hierdie week dank ons God vir alles. Moenie bekommerd wees nie. Hy weet presies wat in jou en my lewens aangaan. Hy is by ons. Ons liggame is Sy tempel. Vertrou Hom. Daarom kan ons hierdie week net dankie sê vir al die genade en genade in alle vorms wat ons so onverdiend ontvang. Die oomblikke wat ek myself wil jammer kry om welke rede, dink ek net aan die kruis en ek weet ek het niks om oor te kla. Daar is geen onreg aan my gedoen wat ooit kan vergelyk met die onreg wat Jesus aangeden is nie. As ek voel ek is al een wat myself gee, wat van die ander, dan sien ek die Ander aan die kruis waar Hy Homself gee op die pynlikste wreedste manier denkbaar en ek bly dan net verleë stil en ek dank God vir Hom. Dankie Here. Twv die siekes, bid asb tot God vir hulle genesing (en dank die Here tegelyk ook daarvoorsoos die Skrif leer): Frank; Hannes U; Hannes vH; Oba P; Andre en Cindy; Pine; BenG; AldaS;