Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons begin hierdie week met dankbaarheid. Nie net is hierdie week, hierdie dag in besonder, 'n genadegawe van God af nie, dit is ook 'n geleentheid om God te sien werk. Elke nuwe dag open geleenthede om ons dankbaarheid teenoor God te uit in dade van liefde, met woorde en met die gesindheid van ons hart. Vanoggend vra ek gebede van dank vir die volgende: Gister se nagmaal vieringe. Staan bietjie hier stil. Dank God vir die gee van Sy Seun. Dank Jesus vir Sy opofferings en gehoorhaarsaamheid aan God. Dank Jesus vir Sy voorbeeld en Sy liefde. En dank Hom dan vir die instel van die nagmaal en dat Hy dit nie net 'n gebruik of ritueel gemaak het nie maar dit keer op keer kom vul met Sy teenwoordigheid. dit maak dat ek die Heilige Gees ook wil dank want Hy maak my swakke liggaam tot 'n tempel vir God. Hy lei ons en werk met krag in ons. Dank God dan verder vir nog 'n veilige nag, vir die "oorvloed" (mense beleef wat hulle het verskillend, vir my is dit wat ek het oorvloedige bederf van Bo) wat Hy ons mee seën. Dankie Here vir laas week se reën en dat ons mag vra en weet U hoor. Dank die Here vir jou gesondheid en vir die mense om jou. Dankbaarheid verander ons. Bid vir reën vir Wolmaranstad, Limpopo, Karoo bv Beaufort Wes en ander dele wat droog is. Dit is altyd moeilik want die beesboer soek reen en so ook die mielieboer wat wil plant maar die koringboer wat moet stroop wil nie reen hê nnie. Vertrou God om te doen wat reg is. Bid asb vir die gemeente. Dit is God se gemeente. Vra die Here om liefde los te maak in al Sy gemeentelede. Ek is bekommerd oor 'n klomp lidmate wat meen hulle kan sonder die gemeente leef. Iewers verstaan ons nie mooi dat ons lidmate is van Christus se liggaam en nie losstaande takke wat onsself verwyder het van die wingerdstok nie. Bid dat die Here ons so sal lei dat elkeen wel ingeskakel wil wees hier. Ek vra gebed hiervoor want baie mense voel die kerkleierskap (Alg Sinode) lees nie meer die Woord soos ons dit lees nie. Bid vir die siekes: ObaP; FrankH; SannieW; HannesH; AndreV; CindyV. KarenR. Bid vir die land: Dat al die kommissies en DG verslae omgesit word in vervolging van die korruptes. Bid vir die ekonomie. Vir minder wetgewing en ander wetgewing wat wel werkskepping sal dien. Bid vir die regering en ander leiers want God gee ons die opdrag om vir hulle te bid. Mag hierdie week vol seën vir jou wees.