Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vandag bly ons fokus op reën. In die eerste plek bid asb saam en dank die Here vir die pragtige reën wat ons ontvang het. Dit is voorwaar 'n groot genade gawe. Tweedens: Bid ons vir reën vir Wolmaransstad area waar die groot brande was. Ons bid vir reën in die Karoo en ander gebiede wat nog swaar gebuk gaan onder droogte. Ons bid vir opvolg reëns. Ons vra voorbidding vir: Bid teen misdaad. Bid vir die slagoffers van misdaad. Bid teen alle vorme van geweld. Bid ook teen geweld teen vroue en kinders, verbaal en fisies. Bid teen korrupsie. Ons bid veral Here, dat U Naam geheilig sal word, laat U koninkryk sal kom, laat U wil geskied hierop aarde netsoos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood, Vader. Help ons om mekaar te vergewe soos U ons vergewe en vergewe ons ons oortredinge soos ons ook diegene vergewe wat teenoor ons oortreë. Laat kom ons nie in die versoeking nie maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die konikryk, die krag en die eeer toot in alle ewigheid. Amen.