Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ekksodus 20. Die tien gebooie. Jy mag nie steel nie. Paulus skryf by geleentheid aan die gemeente in Korinthe dat hulle nie oor die buite die kerk moet oordeel nie maar wel oor die binne die kerk. As ek dan hier skryf jy mag nie steel nie is dit ten eerste vir ons binne die kerk. En tog is dit reg oor die wêreld 'n belangrike beginsel: Jy mag nie steel nie. In Suid Afrika vir een loop ons erg deur onder hierdie aakligheid. En nee, daar is nie kleur ter sprake nie. Alle rasse het mense wat steel en alle rasse loop erg deur onder diefstal. Vanoggend kom vra ek dat ons intens sal bid teen diefstel. Bid vir bekerings. Bid vir wegdraai van hierdie pad af. Bid vir meer werksgeleenthede en wat ookal op eerbare maniere kan voorsien in mense se behoeftes. Ons bid: Teen misdaad. Teen korrupsie Teen alle vorme van wetteloosheid. Ook op die paai! Ons bid: ekonomie sal groei Meer werksgeleenthede Minder wetgewing wat werkskepping beperk. Ons bid: Vir geestelike groei Vir nog groter oorgawe aan die Here, sonder om iets terug te hou Vir diens aan God en soos God dit wil diens ook aan medemense. Vir vrede Vir die werking van die Heilige gees in alle gelowiges se lewens.