Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Verlede keer het ons gefokus op leeg word aan ons self. En ons sondes bely. Hierdie week wil ek ons aanmoedig om meer in gesprek met die Here te wees. Hoekom? Want in gebed is waar God ons verander. Selfs daar waar ons woorde al opgedroog het en ons net in stilte og so 'n bietjie langer by God sit, word ons verander. Nee jy kom dit eers oor tyd agter. Begin jy besef maar 'n klomp goed het geskuif in jou. Gebed hou jou fokus by God. En so word dit makliker om Christus in alles te volg. Gebed vir die gemeente: Bid dat ons sal toeneem in ons passie vir diens aan God. Mag ons passie aansteeklik raak. Bid dat God ons sal heilig en so in ons sal werk dat ons heilig sal lewe. Want God is heilig en Jesus het ons beveel om heilig te lewe want God is heilig. Bid dat ons ons wortels al dieper in God se liefde sal insteek. En vrugte sal dra. Siekes: FrankH; KoosM; RinaH; JoopM; Carol; HenrietteK; Bid vir die land: Bid dat ons ons tonge sal beteuel. Geen leuens sal duld. En in die waarheid, di in Christus sal bly. Bid vir die afname in misdaad. 57 moorde per dag is 57 per dag teveel. Bid vir die grondhervormingsprosesse. Bid vir vrede. Bid vir die wegwas van alle haat, nyd, begeerte na ander se goed.