Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In aansluiting by Sondag se boodskap, kom ons fokus die week se voorbidding op leeg word aan ons self. En in lyn met Psalm 32, gebruik ook die geleentheid om alle onbelyde sondes te bely en uit die weg te ruim tussen ons en God. Johannes die Doper se bekende woorde dat Jesus moet meer word en hy minder dien as inspirasie. Jesus meer word in ons keuse en besluite, Jesus meer in ons woorde en gedagtes en veel minder van onsself. Meer wat Jesus wil en minder van wat ons begeer. Bid asb steeds die eerste drie bedes van die onse Vader gebed.Dit is die gebed's fokus wat in lyn is met wat God wil wat die deure oopmaak vir God se vernuwende werk in SA. En jy sal sekerlik saamstem dat hierdie land het dringende omkeer nodig. "Laat U Naam geheilig word; Laat U koninkryk kom; laat U wil geskied hier op aarde netsoos in die hemel. Al drie bedes vra 'n leeg word aan myself en gevul word met nuwe inhoude nl eer van God se Naam, die koninkryk en God se wil. Moet nie oor jou eie belange bekommerd wees nie. Lees maar Matteus 6. God weet wat jy nodig het nog voor jy daarom vra. Vertrou God. Bid vir die gemeente. 1. More aand se kerkraadsvergadering 2. Eredienste 3. Geestelike groei 4. Wildsfees (Sat 25 Aug) 5. Siekes: FrankH; MS; LeoniS; MaryAnne; AndreV en sy vrou; Jacques;HannesU Vir die land: 1. Rand / ekonomie 2. Werksgeleenthede 3. Grondhervorming 4. einde aan al die haat en haatpraatjies 5. Herlewing regdeur die land