Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Jesaja 43: 19 (Lees asb die wyer deel ook: Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Ons hou nie van verandering nie. Die meeste mense wil hê dinge moet bly soos dit nog altyd was. En tog is verandering die enigste konstante in die wêreld. Alles is voortdurend besig om te verander. Ons liggame ook. Ons word ouer, stadiger ensovoort. In hierdie deel sê die Here Hy gaan iets nuuts doen. 'n Mens is in versoeking om te wonder wat in ons dag sal die iets nuut wees wat die Here sou doen. Tog is dit beter om nie hieroor te wonder nie maar hierin te wag op die Here. Die Here weet tog waarheen Hy met ons oppad is. Kom ons bid eerder en bely die stukkendheid van ons wêreld en ons land en begin dan ook bid dat die Here iets nuut kom doen. Die Ons Vader gebed impliseer dat dinge moet verander. "Laat" gevolg deur 'n bede sê tog God moet iets van Sy kant kom verander en vestig. Kom ons bid dan saam vir die iets nuuts om te gebeur. Bid asb: 1. DAt God se Naam hier in ons midde geheiligd sal wees 2. Dat God se koninkryk hier in ons lewens en omgewing reeds mag kom. 3. Dat God se wil hier so sal geskied soos in die hemel. Wel wetend dat ons dit bid vir ons eie lewe ook! 4. Bid dat die Here Sy iets nuuts hier by ons kom vestig. En dat ons deel mag wees van Sy planne. 5. Bid dat in hierdie gemeenskap respek, liefde, vergifnis en die vrug van die Gees gelewe sal word. 6. Groei in erdienste: Geestelike opbou en ook uitbou. 7. Dissipelskap hier 'n gevestigde leefstyl sal word. 8.Bid vir die siekes: Mary-Anne; HannesU; LeoniS; AndreV; Landsake: 1. Nuwe wil om riviere skoon te maak en skoon te hou 2. Teen besoedeling van watter aard ookal 3. Vogende jaar se verkiesing. 4. Einde aan of ernstige afname in misdaad. 5. Ekonomie. 6. Meer werksgeleenthede (26% werkloosheidsyfer. Mag die Here u ryklik seën en mag ons dan ook vir ander tot seën wees.