Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Genesis 12. Die roeping van Abram. Die verhaal is 'n mooi verhaal van God se beloftes aan Abram. Dit is ook 'n mooi herinnering dat God mense seën om tot seën van ander te wees. Abram moes tot seën van die nasies wees. Miskien moet ons as ons ons seëninge tel, soos die ou Halleluja liedjie gegaan het, dalk bid en vra, tot wie, Here moet ek tot seën wees? God het ons met 'n doel geplaas waar ons is. Bid dat jy daardie doel mag eien en begin uitwerk. Bid vir die gemeente asb: 1. Dat ons God se Naam sal heilig. 2. Bid dat God ons sal help om Sy wil te leef hier en nou netsoos in die hemel. 3. Bid dat God Sy koninkryk hier sal laat kom. Iewers het ek gelees dat hierdie drie bedes is 'n dissipelsgebed. 'n Leerling se begeerte om God se koninkryk te sien kom en te ervaar die vreugde van absolute gehoorsaamheid. Bid asb saam met ons vir dit. Bid vir die krag, selfdissipline en liefde om as getuie van Jesus te lewe. Bid dat die Gees jou so sal help dat jy met jou gawes vir Hom kan woeker. Aktiwiteite: Bid vir die vergaderings wat plaasvind, oa Finansvergadering (bid vir die finansies); Sondag se erediense en kategese. Vir ons jeug. Siekes: HanneU; AndreM; MartinK; LeoniS; KokkiedP; Magriet en ander. Here, vandag vra ek U seën oor U bidders. In Jesus Naam. Amen.