Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vanoggend lees ek 'n oordenking van Stephan Joubert (in die Beeld verskyn). Hy skryf oor Jona en hoe Jona in God se pad gestaan het. God wou Nineve red en Jona, God se profeet wou nie. God het nie ander planne gemaak nie. Hy het Jona gaan haal en hom terug gebring. En weer gestuur. Stephan sĂȘ ons moet uit die pad uit staan dat God se werk kan aangaan. Ek dink dit is belangrik dat ons hieroor sal bid. Vra die Here of jy nie dalk die struikelblok is in die pad van iemand se bekering nie en dat God jou/ons sal help om saam met Hom te werk. Al beteken dit dat ons ons eie vooropgestelde idees laat vaar. Bid ook asb tot God vir werkers om God se oes in te bring. Bid dat elke gelowige 'n getuie van Jesus sal wees. Elke gelowige 'n dissipel. Dit vra dat ons ook sal bid dat Jesus al hoe meer gestalte in elke gelowige se lewe sal kry. Ons wil ie koud of lou wees nie maar aan die brand vir Christus. Vra die Here om ons te lei en te help om vanuit geloof te leef. Bid asb vir Martin K; Andre M; Kokkie; HannesU; en die Sadler- en Skellern- en Havengagesinne wie almal geliefdes aan die dood afgestaan het Laastens. Neem 'n paar oomblikke en sit en dink jou in dat God die ruimte waar jy nou is, vul met Sy teenwoordigheid. Ook vir jou vul. Dat God orals is. Word bewus van Hom by jou. En leef saam met Hom.