Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Hoekom bid ons? Ek glo elke mens sal seker sy eie redes opgee vir hoekom hy/sy bid. Kan ek voorstel: dat dit vir ons in gebed meer om tyd met God deur te bring gaan as om goed by God te verkry. Jesus was tog duidelik in Matteus 6 dat ons Vader weet wat ons nodig het nog voor ons vra. Ek sê nie ons moet nie vra nie. Ons moet maar dit moet nie ons hoof motief wees nie. Ons liefde vir God moet so toeneem dat ons al hoe meer doel bewuste tyd saam met Hom soek. Wanneer ons by God so in gebed kuier, kom ons luister vir wat vir God belangrik is. Kom ons vra wat wil Hy sien gebeur in Sy gemeente en dus ins ons lewens. En daarna sê ons dankie vir ons daaglikse brood en vir hoe keurig Hy ons versorg. Bid asb steeds vir God se Naam om hier geheilig te word; Sy koninkryk om hier in Deneysville te kom en Sy wil hier geleef sal word soos deur die engele in die hemel. 'n Tema wat ekself by God aanroer is die van die eredienste en van hoe ons nog meer Jesus kan uitleef. Ek sal dit waardeer as dit vir u ook belangrik sal wees en dat u saam met my daaroor sal bid (ek vermoed u doen dit reeds). Ek besef almeer dat ons gemeenskappe het nie goeie voorbeelde van hoe om Jesus te leef wat hulle kan naleef nie. Ons, God se kinders moet die tipe voorbeelde wees wat so anders is as wat hulle gewoond is dat hulle Christus kan raaksien en dan (soos Paulus sê) ons volg soos ons Christus volg. Bid dat Jesus al hoe meer gestalte in ons sal kry. Bid asb vir Frans; HannesU; KokkiedP; RudiS; LeoniS; HansD. En vir almal wat met griep ensomeer spook. Bid vir die land. Groete Carlie