Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Voorop in my gedagtes lê sterftes (Erasmus gesin en Barnes gesin en die Bezuidenhoudts), ek dink aan hierdie gesinne wat moet sin maak uit 'n lewe sonder hulle geliefdes. Dan is daar die siekes: HannesU; GRdP; LeoniS; OumaS; David B; AndreV; om net enkeles te noem. Ons bid vir hulle. En sal bly bid. En ja, bid asb saam met ons vir hulle. Onvermydelik skiet jou gedagtes na mense wat vra bid vir my, my besigheid sukkel, ons kry nie nuwe kontrakte nie. En ander wat kos soek om te oorleef. Nog ander wat hulp soek want raad vir hulle hartseer en verhoudings het hulle nie meer nie. Ons bid vir hulle. Wat ek vanoggend kom opper is ons eie gebrokenheid waarvoor ons so blind is. Ek praat van hoe ver weg ons is van wat God ons geskep het. Vervormd deur jare se kritiek, openbare menings, voorskrifte van vriende familie en die media en en. tot op die punt waar ons skaars weet wie ons eintlik is. Gaan sit by die Here en begin vra wie jy moet wees. Of gaan sit net en luister by Hom en wag dat Hy jou kan vorm. Bid vir jouself. Bid asb vir die gemeente. God maak ons elkeen Sy dissipel. Bid dat dit werklikheid word. Bid dat elkeen sal praat oor wat God in sy haar lewe doen.Elke lidmaat Sy getuie: dit is waarvoor ons bid. Bid vir die eredienste. Bid dat ons sal voorberei en ons harte en lewens fokus voor die diens nog, dat ons met 'n oopheid sal kom vir God om in ons en met ons te werk. Dat die eredienste werklik oor God en God alleen sal gaan: God wat ook met Sy kinders verkeer. Bid vir die kerkraad en hulle werk. Dank God vir die opofferings wat hulle maak. En ek bid dat die Here jou sal seën.