Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Op DV 10 Mei vier ons die hemelvaart van Jesus. 10 dae later is Pinkstersondag. Die dag waarop die Heilige Gees uitestort is oor God se mense. Dit gaan egter nie oor historiese geleenthede nie. Ek noem dit omdat 'n kritieke deel is van ons geestelike groei. Dit is geleenthede om onsself des te meer vir God te gee. Dit maak dit geleenthede waarvoor ek biddend voorberei. Daarom huiwer ek nie om vir u gebede te vra nie. Bid vir die voorbereiding van die preke wat kom. Maar bid veral dat God in my en in jou so sal werk dat ons werklik oop is om deur Hom verander te word en dat ons die boodskappe sal lyf gee deur ons lewens. Danksy die politic is die wêreld keelvol vir leë woorde. En ja, God se woord is nooit leeg nie, maar ons lewens kan so maklik dit leeg laat vertoon. Bid daarom dat God se Woord deur jou gelewe sal word. As dissipel (leerlinge) van Jesus bid ons veral drie dinge: 1. God se Naam geheili word 2. God se koninkryk in Deneysville sigbaarder mag word. Mag kom. 3. God se wil hier in Deneysville geleef sal word soos deur die Engele in die hemel. Ons bid dit met die besef dat dit in ons lewens waar moet wees. Dat ons God se Naam so sal uitleef dat dit eerbied en respek jeens God opwek.En dat ons self in God se koninkryk sal leef en oral koninkryksgedrag sal openbaar. En dat God se wil vir ons ononderhandelbaar sal wees in hoe ons self leef. Nee, nie in wat ons ander aan meet of verwag van hulle nie. Maar in hoe ons leef. Bid asb hierdie drie dinge en die res van die ons Vader gebed getrou vir die gemeente. Gewoonlik het 'n voorbiddingslys 'n klomp items op. siekes, landsake en meer. Vandag gaan ons met Matteus 6: Ons Vader weet alreeds wat ons odig het en wat die nood is. Ons vertrou Hom om dit te hanteer terwyl ons fokus op wat vir Hom belangrik is.