Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
As iemand onomwonde verklaar "ek het jou lief", hoe antwoord jy daarop? Jy kan lag en die persoon verkleineer. Jy kan reguit sê dat jy nie dieselfde voel nie. Jy kan die persoon vermy, sou jy kon. Jy kan seker saam speel en maak asof jy daardie persoon liefhet maar iewers gaan dit uitkom. Of jy kan daardie persoon met alles in jou terug lief hê. Miskien het ek 'n opsie gemis. In die Ou Testament reeds het God die punt van liefhê opgehaal. Ons het Hom mis verstaan. Ons (as mense) het God se liefde gebruik maar ie met liefde gereageer nie. Toe kom Jesus en Golgotha en Sy opstanding en 'n meer duideliker en onomwonde liefdes verklaring kan daar nie wees nie. Die woorde "Dit is vir julle." dryf dit tuis: Hy het my lief. Hoe antwoord jy nou? Bid dat God se liefde werklik sal insink by ons en ons so aangryp dat ons Hom sal liefhê met ons hele hart en hele siel en hele verstand en met al ons krag. En meer. Mag niks teveel gevra wees in ons liefde vir God nie. Bid vir mekaar. Vir die mense wat in die huise om jou bly en ook vir diegene wat saam met jou werk. God se liefde roep dat ons ook soos Hy sal liefhê ... mense sal liefhê. Bid Vir die vyande. Spesifiek dat hulle God se liefde mag leer ken. Vra die Here om Sy kerkraad hier in Deneysville te lei en te inspireer. Bid dat die Gees ons sal help om werklik as Jesus se getuies te leef. En ons ons dissipelskap sal begin ernstig opneem en leef. Gaan lees weer Matteus 6 oor die sorge van die lewe en besef dat God vir jou sorg, jy kan maar meer bid vir Sy koninkryk en Sy belange as vir jouself. Sê dan vir die Here dankie vir alles waarmee Hy jou seën.