Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek sit vanmiddag hier en ek besef die uitdaging of dan Maria se realiteit en die dissipels s'n verskil nie wesentlik nie. Maria sê sy is tot beskikking van die Here. Die dissipels en veral Petrus sê hulle sal saam met Jesus sterf as dit moet. Hulle sal nes Maria die pad loop wat God gee. En dit is waar die ooreenkomste eindig. Maria het deur gevoer en enduit die pad geloop. Die dissipels het toe dit moeilik raak verdwyn en eers weer na die kruis terug gekeer. Praat is maklik. My vraag in lydenstyd aan jou is: Is jy regtig tot beskikking van die Here? Sal jy die pad met Jesus loop al kos dit jou lewe? (Dink dissipels) Onthou jou antwoord as jy as kerkraadslid geroep word. En onthou jou antwoord nou want Jesus stuur jou nou om te gaan dissipels maak. Gaan bedink gerus Matteus se laaste paar verse. Moenie dan verskonings voorstoot nie. Gaan moet ons gaan. Praat oor Jesus in ons lewens moet ons met ander praat. Maria of die dissipels aanvanklik? Gebede: Here ons sal help om werklik getrou aan Hom te bly. Die Here ons sal help om as Sy dissipels te leef. Die Here NG Deneysville sal vul met mense wat dien en werk en getuig. (maw ons manier van Christen wees vernuwe) Bid vir die komende lydensweek: Die preke, die hoorders. Dat ons sal groei. Paasfees: Dat ons 'n pad met Jesus sal stap hierdie paasfees. Veiligheid van ons mense op plase en in dorpe. Verkeer op die paaie. Afname in sterftes. Die mense meer bedagsaam sal bestuur en versigtig sal wees. Teen misdaad. Korrupsie ens. Reen in die droogte geteisterde gebiede