Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
2 Korinthiers 3:18 "Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is." Dit is waarheen God met jou en my op pad is. Die beeld van Christus. Sodat ons die heerlikheid van die Here kan uitstraal. Let op die woorde "weerspieël" en " verander" en " uitstraal". Wat sê hierdie woorde vir jou? Dink in terme van selfverloëning oor die woordjie weerspieël. Dink dan aan die areas van jou ewe wat verander moet word sodat Christus duideliker sigbaar kan word in jou gesindhede, woorde en dade. En dink dan aan wat uit jou lewe uitstraal. Wat voel mense aan en wat sien en beleef hulle by jou? Ek kan dit seker ook anders vra: Wie straal jy uit: Christus of jouself (en sodoende die wêreld)? Bid die Here om jou te lei met hierdie vrae. Hy ken die dieper jy. Hy het jou geskep. Hy sal jou lei tot 'n dieper openheid voor Hom en so ook na 'n beter verstaan van jouself. Dit is die pad van selfverloëning en oorgawe: Soeke, belydenis, belydenis, biddend dat die Here sal bestuur. Gebed: Bid asb vir die gemeente vir verdieping in hulle verhouding met Christus. Bid vir Christus om meer gestalte in ons te kry. Die uitleef van God se liefde teenoor alle mense Sondag se erediens: Woord suiwer verkondig sal word; God teenwoordig sal wees en ons God so as teenwoordig by ons sal beleef. Bywoning. Gemeente se finansies Konsert van 23 Maart GEbed vir die land: Die hele saak van grondhervorming: God ons sal help en sal lei. Genade Water te korte Politiek Misdaad.