Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Dit is lydenstyd. Eksodus 20 is 'n goeie begin punt vir selfondersoek. Is die Here jou God, wat jou uit die mag van sonde gered het werklik die enigste God in jou lewe? Of is daar ander goed wat belangriker geraak het en waarop jy jou hoop plaas. In Jesaja 29: 13 beskuldig die Here juis die volk oor hulle Hom aanbid, maar nie uit die hart uit nie. Hulle doen wat mense sê God van hulle verwag maar self leef hulle nie met God nie. Vra jouself of jy so wil leef. En besluit om jou verhouding met die lewende God uit te bou. Bid asb vir die gemeente: 1. Geestelike verdieping. Jesus roep ons om eerstens in Hom te wees en tweedens om uit te gaan en Hom te wees tussen mens. Bid dat Hy werklik meer kan word in jou en jy minder. En bid dan ook dat Hy jou oë sal oopmaak en jou elke dag bewus te hou dat jy Hom nou leef. Sy waardes. Sy liefde. Sy genade. Sy vergifnis. Die vrug van Sy Heilige Gees. Bid daaroor. 2. Vra die Here om met krag in jou te werk. 3. Bid vir die gemeente dieselfde as bg. 4. Vra die Here om ons elkeen te lei in ons verantwoordelikhede met dit wat Hy ons gee: Sy gawes, Middele om mee te leef, ander besittings, Sy Heilige Gees wat in ons woon. 5. Siekes: Frank; Hannes VH, Kokkie; Susan C; Bianca C; Annatjie G; Rudo Bid asb ook: Gebedsversoeke vanaf Vrystaat sinode:: 1. Oral oor die wêreld heen is daar Christene wat vervolg word omdat hulle glo. In Nigerië byvoorbeeld, ly veral ons susterkerk, die Universal Christian Reformed Church, onder wrede geweld van Moslem ekstremiste - honderde weerlose lidmate van dié kerk is reeds vermoor en talle kerkgeboue is afgebrand. Kom ons bid in hierdie Lydenstyd vir die vervolgde kerk wêreldwyd. 2. Ook in ons land is daar baie onskuldige mense, uit verskillende gemeenskappe, wat ly onder geweld. Hier dink ons aan plaasmoorde, geweld teen bejaardes, geweld teen vroue - selfs ook geweld teen kinders en die mees weerloses. Kom ons bid vir slagoffers, maar kom ons bid ook dat ons land weer ‘n veilige plek sal word. 3. In Lydenstyd dink ons aan Christus se lyding aan die Kruis, juis om ons met God en mekaar te versoen, om sy vrede te laat deurbreek in ‘n gewelddadige wêreld. Kom ons buig voor die Kruis.