Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Dit is lydenstyd. 'n Goeie tyd om 'n ontmoeting met jou ware self te hê onder leiding van die Heilige Gees. Die soort ontmoetings waar Hy die kollig plaas op al jou denke, gewontes en maniertjies wat tussen Hom en jou wil inskuif. Die dinge wat God aanstoot gee. Die dinge waaroor Jesus moes kruisdra en sterf. Lydenstyd is 'n meer bewuste of op Jesus ingestelde reis met Hom deur jou lewe. So begin die reis. Bid en vra: Here, waarmee moet ek breek? Wat moet ek ophou mee? Here, vernuwe my en maak my bruikbaar vir U. Bid asb ook: Gebedsversoeke vanaf Vrystaat sinode:: 1. Oral oor die wêreld heen is daar Christene wat vervolg word omdat hulle glo. In Nigerië byvoorbeeld, ly veral ons susterkerk, die Universal Christian Reformed Church, onder wrede geweld van Moslem ekstremiste - honderde weerlose lidmate van dié kerk is reeds vermoor en talle kerkgeboue is afgebrand. Kom ons bid in hierdie Lydenstyd vir die vervolgde kerk wêreldwyd. 2. Ook in ons land is daar baie onskuldige mense, uit verskillende gemeenskappe, wat ly onder geweld. Hier dink ons aan plaasmoorde, geweld teen bejaardes, geweld teen vroue - selfs ook geweld teen kinders en die mees weerloses. Kom ons bid vir slagoffers, maar kom ons bid ook dat ons land weer ‘n veilige plek sal word. 3. In Lydenstyd dink ons aan Christus se lyding aan die Kruis, juis om ons met God en mekaar te versoen, om sy vrede te laat deurbreek in ‘n gewelddadige wêreld. Kom ons buig voor die Kruis. Vir die gemeente vanaf die gemeente: 1. Geestelike verdieping. Jesus roep ons om eerstens in Hom te wees en tweedens om uit te gaan en Hom te wees tussen mens. Bid dat Hy werklik meer kan word in jou en jy minder. En bid dan ook dat Hy jou oë sal oopmaak en jou elke dag bewus te hou dat jy Hom nou leef. Sy waardes. Sy liefde. Sy genade. Sy vergifnis. Die vrug van Sy Heilige Gees. Bid daaroor. 2. Vra die Here om met krag in jou te werk. 3. Bid vir die gemeente dieselfde as bg. 4. Vra die Here om ons elkeen te lei in ons verantwoordelikhede met dit wat Hy ons gee: Sy gawes, Middele om mee te leef, ander besittings, Sy Heilige Gees wat in ons woon. 5. Siekes: Frank; Jennifer; Hannes VH, Kokkie; Susan C; Rudo. Onthou dat God jou lief het. Intens sonder afsnypunte lief het. Kom tuis in Sy liefde.