Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
More begin lydenstyd. Vanaf more, Woensdag, ook genoem Aswoensdag, tot met Stilsaterdag (die Saterdag tussen Goeie Vydag en Paassondag) is 40 dae. Baie kerkdenominasies gebruik hierdie 40 dae as 'n tyd vir vas. Hulle laat vaar vir 40 dae lank een van hulle geliefde kossoorte of aktiwiteite bv sjokolade. Ek weet van iemand wat vir hierdie periode lank Nando's prysgegee het. Die doel is om jouself te herinner om meer tyd met God te spandeer veral in gebed. Ek wil u aanoedig om vir die volgende 40dae meer stil te word voor God. Stil. Sonder woorde. Nou nie heeldag nie. Net 'n 5 of 10 min sal al 'n goeie begin wees. Met net dalk een vers waar jy vir 'n paar dae stilstaan en dieper probeer dink oor. En as stil teveel gevra is paat dan in gebed met ons Vader. Google lextio Divinia en jy kan baie inligting kry oor die stilword. Glo my, dit voed jou siel. Aswoensdag begin sedert die 1979 met die lees van Markus 1: 15 "Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie." Vra die Here om jou te wys wat in jou lewe staan tussen jou en Hom? Watter gewoonte, denkpatroon, sêding of wat ookal verhinder jou om Hom nog meer lief te hê. En soos jy bewus word hiervan breek daarmee. Bekeer jou ook van dit af. Bid asb: 1. Droogte geteisterde gebiede vir reën en wat ookal die mense en diere nodig het. Reën gaan nie alles oornag regmaak nie. 2. Politieke situasie in die land. 3. Misdaad. Vir die gemeente: 1. Elke lidmaat 'n getuie van Jesus sal wees. 2. Dat ons passie vir God sal opvlam en weer hoogbrand. 3. Groei 4. Kerkraadsvergadering more aand. Here ons sal lei. En ons sal hoor en luister. 5. Dissipels wat Jesus volg.