Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek dank die Here vir elkeen van u wat hier lees. Ek dank die Here vir mense wat daarvoor lief is om met God te praat en na God te luister. En ek dank die Here vir elkeen wat uitgaan en gaan doen. Iemand het gesê dat gebed altyd oorspoel in dade in en ons dade moet altyd terugspoel in gebed in. Ons het albei nodig: bidders en doeners. So het God ons geskep. Tog is dit belangrik dat ons almal daagliks in gesprek met die Here leef al is ons nie hierdie groot voorbidders nie. So lees ek ook hierdie week die woorde van Emile Brunner in 1931: Die kerk bestaan twv sending/missie, netsoos vuur bestaan deur te brand. Waar daar geen sending of gestuurdheid is nie is daar geen kerk ." Ons as gemeente bestaan twv die nie gemeente lede. Daarom word ons almal op geroep tot diens en uitreik en praat oor die hoop in Christus wat in ons leef. Bid asb ook hiervoor. Dat die sjuif in ons koppe kan kom vir al hoe meer diens aan God en mense. Soos Christus Bid hierdie week vir: Reen in die droogte geteisterde gebiede. Vrede en so ook vir de wegwas van alle vorme van haat. Teen misdaad en wetteloosheid. Versnelde einde aan korrupsie. Werksgeleenthede en 'n ekonomie wat omswaai en opwaarts groei. Vir die gemeente: Werkers vir die basaar en bydraes. Groei geestelik en in getalle. Dat ons 'n gemeente sal wees waar elke lidmaad 'n getuie is van Jesus. En daarom uitreik na almal om ons. Dat ons sal toeneem in omgee. Dit is vir God belangrik daarom is omgee vir ander en meegevoel hê ook vir ons belangrik. Siekes. Baie dankie.