Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie more. Kom ons bid vir: Die droogte. Die ametings van die droogte word by die dag meer en meer skrikwekkend. Bid dat die Here landswyd reën sal gee en veral in die droogte geteisterde gebiede. Meer as reën is nodig: Die mense op plase het vertroosting en heling nodig. Ek het gelees van 'n vrou wat as haar man langer as 10 minute in 'n skuur is dan gaan kyk sy wat hy maak. Die droogte het sterk mense gebreek. Bid vir God se heling. Die drama by skole en veral ny Overvaal. Die oorgang van poitieke leierskap. Skole en universiteite. Die misdaad. Huisgesinne. Gesinne is onder geweldige druk. Die wêreldse invloede trek al hoe meer mense weg van God af en weg van mekaar af. Ekonomie om op te tel en meer werksgeleenthede. Armoede is 'n verskriklike ding. En armoede is die lot van die grootste deel van ons land se bevolking. Bid asb vir mense om diep gaande koers veranderings in hul lewens aan te bring. Na die Here toe. Na diensbaarheid aan die Here toe. Na toegeweid aan die Here leef. Geestelike groei. Bid dat die Heilige Gees God se liefde in ons vir mekaar sal opwek en dat ons daagliks ons wortels dieper in die liefde in sal stoot. Bid vir die gemeente se finansies. Soos elke jaar het ons 'n wonderwerk van God of nodig. En so leer God ons om afhanklik van Hom te bly lewe. Onthou om Woensdag 13:00 waar ookal jy is te bid. Seën op jou week.