Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
die versoek is dat ons regoor die OVS hier oor bid: Onderwys in Suid Afrika: hoewel Suid Afrika ‘n relatief groot klomp geld op skoolonderwys spandeer, is die uitkomste daarvan uiters kommerwekkend. Daar is vele uitdagings. Net so staan die universiteite, waar gratis onderrig implementeer moet word, nou voor reuse uitdagings. Kom ons bid vir skole en universiteite, onderwysleiers op alle vlakke, vir ons jongmense en vir ons kinders. Die leierskapskwessie in ons land (ANC President en die President), stuur in hierdie dae af op ‘n baie kritiese punt. Kom ons bid vir wysheid en dat wat gebeur, in die belang van almal in ons land sal wees. Die weer: dat daar groot wisselvallighede in ons klimaat is, is duidelik. Daar is hittegolwe en droogtes op baie plekke, die waternood in byvoorbeeld Kaapstad dreig om in ‘n groot ramp te ontwikkel. Kom ons bid vir uitkoms.