Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In 1 Timoteus 2 lees ons waar Paulus ondderrig oor gebed gee. Hy praat van bid met smeking, voorbidding en danksegging. Hy skryf dat ons vir alle mense moet bid. En dan boonop of veral, die in gesagsposisies. Ek wil een stel leiers uitlig waarvoor ons hopeloos te min bid: die ouderlinge en diakens. Die meeste mene deins terug om te gaan doen wat hierdie manne en vroue doen. Hulle is deur God geroep en moet hulle krag en hoop in God vind. Daarom moet ons veral vir hulle onthalwe ook bid. Bid dat die Here hulle moed sal gee. Bid dat die Here tyd sal inruim in hulle besige lewens (dis nie mense wat tyd het nie, dit is mense wat tyd maak nes al ons ander). Bid dat die Heilige Gees vir hulle die liefde in die hart sal gee vir die mense wat hulle bedien en die woorde om te deel. Die volgende groep mense waarvoor ek voorbidding vra is nie in die gemeente in gesagsposisies nie. Hulle is egter saam met ongelowiges die doel van ons bestaan as gemeente. Ons bestaan tof twv God en twv die wêreld. Ek vra dat ons begin bid vir almal wat onbetrokke is. Vir hulle wat jy graag saam met jou hier in die erediens sou wou sien sit, saam met jou as getuies sou wou sien leef. Bid vir heruwde passie vir die Here in hulle lewens. Vir geestelike groei. Vir 'n herontdekking van die Here. Bid dat elke lidmaat God se liefde prakties orals sal uitleef. Bid dat die Heilige Gees nog meer liefde in ons sal wek. Bid vir die siekes. Vir die land: Reën. En nog reën vir droogte geteisterde gebiede. Onderwys, skole, jeug. Ekonomiese groei. Werksgeleenthede. Misdaad. Vrede.