Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Een van die eerste woorde oor die mens in die Bybel, sĂȘ vir ons hoekom God die mens geskep het (Genesis 1). Ons is geskep om God te verteenwoordig. Die Nuwe Testament stel dit duideliker: Ons leef vir God. Ons lewe is nou die lewe vir Christus met die droom dat ook ons soos Paulus so sal leef dat dit sal wees asof ons gesterf en en dit Christus is wat in ons liggame leef. Ek lees in Kolossense 1 hoe Paulus vir die gemeente in Kolosse bid. In vers 8 word dit duidelik dat die liefde wat hulle vir mekaar het deur die Gees verwek is. Kom ons begin hierdie week se voorbidding deur te bid dat die Heilige Gees in elke lidmaat van hierdie gemeente Sy liefde sal verwek. Liefde is waaraan ons uitgeken word as behorend aan Jesus. Sien maar Johannes 13: 34, 35. Bid verder dat ons sal leef met 'n bewustheid dat ons in God se teenwoordigheid is. Dat die Almagtige God oral om ons is waar ookal ons mag wees. Bid dat ons meer bewus sal wees van Sy teenwoordigheid. Dat ons krag sal put daaruit maar ook dat ons agv Sy teenwoordigheid sal leef soos Jesus dit wil. Dit is baie belangrik vir God, en daarom vra ek dat ons ernstig sal bid hiervoor, dat ons sal toeneem in geloof en verhouding met Christus. Sodat Christus al hoe meer gestalte in ons kan kry. Ons moet soos Jesus optree teenoor mense en ook wanneer daar nie mense is nie. Ons lewens moet al meer Christus vertoon. Bid vir die erediens. Dat God se Woord duidelik by ons elkeen sal uitkom. Bid dat ons bewustelik in ons bywoning sal flokus op die feit dat God ook in die erediens is, ook die erediensruimte vul met Sy teenwoordigheid en dat dit ons sal bring tot 'n verdiepte aanbidding en lofprysing. Bid vir die verkeer op die paaie. Vir geduld en bedagsaamheid. Die ekonomie. Elke gewone mens s'n maar ook die land s'n. Reen in die droogte geteisterde gebiede. 'n Mens raak bekommerder by die dag. Net die Vader kan ons hierdie uitkoms gee. Siekes: Frank H; Susan V; Annatjie G; Dink ook aan almal wat in die laaste maand geliefdes aan die dood afgestaan het.