Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Wanneer aas het jy net verwonderd oor Jesus geraak? Oor Wie Hy is. Wat Hy vir jou kom doen het en wat Hy daagliks in jou lewe doen en wil doen. In Fil 3: 8 en verder raak Paulus verwonderd oor Jesus. Hy skryf: "... ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. 10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11 in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Paulus se verwondering gaan oor tot 'n nuwe strewe, 'n lewensbegeerte om soos Christus te wees. Alle voorheen is nou vir hom irrelevant en ombelangrik. Nou jaag hy 'n nuwe droom: Christus wat meer word in hom en hyself minder. Ek nooi jou uit op hierdie pad. Kom bid vir dit in jou lewe en in myne. Bid vir Christus om meer te word in ons lewens, so ook meer sigbaar in dit wat ons doen en in die liefde waarmee ons praat en optree. Bid vir Sondag se nagmaal. Dat God se bedoeling met die nagmaal volkome mag tuis kom in ons lewens in. Bid vir die jeug. Jongmense is onder groot druk. Nou kom nog boonop skooleinde vierings en verleidings. Bid ook vir geleenthede wat toekoms kan oopsluit vir hulle. Bid vir die volgende siekes: Hannes vH; SusanV; FrankH; Ouma S; BiancaC; CarelD; HansD; AnnatjieG. Bid vir Zimbabwe vir 'n nuwe toekoms Bid vir oom Angus se biduur Vrydag by die parlement: herlewing, bekerings, 'n nuwe begin. Bid vir ons eie land. Ek seën jou in die Naam van God die Vader, ons Here Jesus en die Heilige Gees. Amen