Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek lees vanoggend weer van die 10 melaatse mans wat na Jesus geroep het "Jesus, Here, ontferm U oor ons!" En Hy het. Hy het hulle gestuur om hulle aan die priesters te gaan wys, soos die wet van daardie tyd vereis het. Oppad soontoe is hulle genees.Net een, toe hy sien hy is genees het en ons Hom mag ervaar as teenwoordig. omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor Jesus neergeval en Hom gedank. Die vreemde is dat hierdie man 'n Samaritaan was. Iemand op wie die Jode van destyds neergekyk het. Ons het mooi reën gehad en ek glo ons het elkeen God gedank vir die reën. Dit is hoe dit hoort. Ek wil vra dat jy deur jou lewe kyk en God loof vir alles. Vir die groei en bystand in donker tye, vir die mooi tye, vir die feit dat jy nou nog lewe en sover elke oggend veilig wakker kan word. Is dankbaarheid nie die mooiste wat ons God kan bied nie? Dank god vir die gemeente, die medegelowiges om jou. Dank Hom vir die vryheid van geloof en dat ons Hom mag aanbid sonder die vreees vir vervolging. Dank Hom dat Hy nou by jou is, elke oomblik van jou lewe daar is. Bid vir die gemeente: groei geestelik en in getalle. Vra die Here om mense by die gemeente te voeg soos in Bybelse tyd. Bid vir die eredienste. Dat God alleen daar gehoor mag word. Bid vir die kerssangdiens Sondag aand. Vra die Here om jou eie lewe te verdiep. Bd vir ons land