Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Almal is aan die praat oor die swart Maandag gebeure.Baie mense het oplossings en voorstelle. Maar eintlik praat ons net oor die simptome. Ons bestuur die simptome. Wat nodig is is ope hart sjirurgie. Die wêreld en SA in besonder gaan nie verander voor ons nie daad werklik in alle opsigte Jesus volg nie. Soos die Here in Esechiel 34 van praat. Gaan lees gerus die gedeelte. Kom ons bid: 1. Dat die Here ons harte sal verander, vernuwe sodat ons kan liefhê en omgee soos Hy. As Hy ons nie help nie gaan dit nie gebeur nie. 2. Bid elke more weer dat God jou nuwe hart met liefde sal vul vir alle mense. Dat die Here jou sal help om anders te kyk en anders te dink oor mense. As jy Romeine 12 lees dan word daar in die eerste drie verse gesê God moet ons gedagtes vernuwe en in vers 9 en verder hoe lyk 'n lewe na die gedagtes vernuwe is. 3. Vra Jesus om jou elke dag te lei. Bespreek jou dag wat voorlê met Hom. Vra Hom om jou te help en om jou te gebruik. 4. Saans rapporteer jy terug: Wat het jy vandag met Jesus se liefde en genade gedoen? Het ek iewers die Here se stem gemis? Vra vergifnis. 5. Bid vir jou bure. Bid sonder ophou vir hulle. Gebed is nie net woorde nie. Begin om die evangelie praktiese te lewe as 'n dankgebed teenoor jou Verlosser. Volg Hom uit dankbaarheid uit.