Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Lees 1 Johannes 1: 5 en dink daaroor. God is lig; in Hom is daar geen duisternis. As ek dan Sy kind is, hoe kan daar enigsins duisternis in ons wees? Vra die Heilige Gees om jou bewus te maak van waar jy verkeerde goed, gedagtes, gewoontes, woorde in jou lewe toelaat. Lees nou Efesiers 5: 7 en 8 en bid daaroor. 1. Dank God dat Hy in Christus ons uit die duisternis uit gehaal het en lig gemaak het. 2. Bid oor hoe jy lig is. Vra die Gees om jou te help om lig te wees. Onthou: lig skyn. Lig kan gesien word. Besef dat ons slegs lig is IN die Here. Sonder die Here is ons niks. 3. Word stil en sien jouself as lig: Waarheen skyn jou lig? Na wie? Wie is in die rand van die lig wat jy dalk voor moet bid en na moet uitreik. Fokus elke dag op lig wees. Begin deur jou te herinner (bv met papiertjies waarop staan "Ek is lig" op strategiese plekke te plaas. En fokus daarop om lig-dinge te doen. 4. Vers 8. Leef dan as mense van die Lig. Bid asb vir: Eredienste. Mense God se teenwoordigheid hier kan beleef. Bid vir mense wat om jou woon: Dat hulle God mag ken en mag lief hê en vir Hom sal lewe. Bid vir die kerkraadsvergadering. Heilige Gees ons sal lei. Ons Hom sal gehoorsaam en volg. Bid vir kerkraadsverkiesing. Bid vir die siekes. Bid vir die land Bid vir die families van almal wat vermoor is hierdie jaar. Bid vir die situasie op die plase. Veiligheid; onsekerheid oor grondhervorming; droogtes; Bid vir reë vir die Kaap en ander droogte geteisterde gebiede. Dank die Here vir ons reën. Misdaad. SAPD in hulle uitvoering van hul pligte. Asook hulle veiligheid.