Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Voorop staan die week die liefde. Bid dat God se liefde jou so sal vul dat dit die diepste dele van jou menswees sal deurtrek en jy werklik soos Paulus kan sê die liefde van Christus dring my. Bid dit elke dag en dan nog. Bid did asb vir ons almal ook. God wil hê dat hierdie gemeenskap 'n gemeenskap van mense sal wees wat uit Sy liefde leef. In Galasiërs 5: 6 skryf Pauus dat al wat van belang is is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan. Ek doen nie iets vir jou, of ek word nie die barmhartige samaritaan twv jou omdat ek moet of die wet dit vereis nie maar omdat die liefde van God in my so inspireer dat ek nie anders wil as om te help en om te gee nie. Ons bid vir so 'n liefde. Bid dat ons sal verstaan wat dit beteken dat Christus ons vrygemaak het. Bid vir Sondag se erediens. Bid vir Bianca; Annatjie; Oba; Heleen; Marie; Rita; Willie; Willem B; Ouma Sadler; en ander siekes.