Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In 2 Kor 5: 15 skryf Paulus dat Christus vir almal gesterwe het sodat die wat lewe nie meer vir huself moet lewe nie maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood uit opgewek is. Kom ons ondersoek ons lewens en kyk vir wie leef ons eintlik. En dan maak ons opnuut die keuse om vir Christus te lewe en so deur Sy liefde gedring ook vir ander te lewe. Bid dat ons werklik sal besef hoe groot en diep God se liefde vir ons is. Bid dat God se liefde ons so sal inspireer om netsoos Christus ander lief te hê. Bid vir jou nabye familie dat hulle God se liefde mag ervaar ook in hoe jy met hulle saamleef. Bid dit ook vir jou kollegas en medepadgebruikers en wie ookal met jou te doen kry. Bid vir die erediens Sondag. Bid vir God se seën oor ons almal. Bid vir die droogte getysterde gebeide. Bid vir die heelword van mense na die brande en die heropbou prosesse in Knysna, Plett en ander gebiede. Bid vir vrede. Bid dat die Here die ekonomie sal omswaai en nuwe groei sal bring ten spyte van mense. Mag die Here se seën op jou en jou gesin rus.