Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Kan ons hierdie week veral fokus in ons gebede op die volgende geleenthede: 1. Sondag se nagmaal. Dat God se wil sal geskied. 2. Die hemelvaartsdienste: By die fabrieke in Vereeniging en dan plaaslik in die gemeente 3. Basaar van 27 Mei. Bid vir 'n dag van vrede en verhoudings bou, spanwerk en lekker saam kuier. Van genade en seën. Mag die Here ons meer as genoeg fondse laat in. Bid vir 'n mooi sonskyn en windstil dag en baie besoekers en die Here veral teenwoordig. 4.En dan die groote: Pinksterweek. Bid dat die Here die preke sal gee / inspireer. Dat die leraar Sy stem duidelik sal hoor en deurgee. Bid vir mense om te hoor en te verstaan en te reageer in lyn met wat God wil. Sonder u gebede kan dit nie. As die Here die huis nie bou nie bou ons tevergeefs sê Psalm 127. Bid asb met erns en "sonder ophou" vir hierdie geleenthede. Bid vir die volgende gesinne: Van Straaten (dogter oorlede in 'n ongeluk); Krugers; en Krugers (Miekie); Babe Fourie; Letitia; Sannie; Skattie; Marie T; Seën oor elkeen van ons gebid.