Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In 2 Korinthiers 5 vanaf vers 11 skryf Paulus oor die bediening van die versoening. Hy roep ons op om vir Jesus te lewe. 14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. 15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat diƩ wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Hy gebruik die woord "versoening" oor en oor. Versoening is belangrik. Ek en jy is met God versoen. Nou moet ons ander help om met God versoen te word. Ons moet dit wat God in Jesus gedoen het aan hulle gaan bedien. Bedien die versoening. Ons bid: 1. Versoening met God, vir ons en vir ons gemeenskappe. 2. Dat elkeen 'n bedienaar van die versoening sal wees. 3. Elkeen versoening sal lewe 5. Elkeen sal fokus daarop om God se versoening by ander uit te kry.