Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In ons voorbidding begin ons vanoggend by die eer van God. Neem 'n paar minute en aanbid God as jou Vader, ons Vader (erken daarmee dat jy baie broers en susters in die geloof het). Eer God as Skepper en Here ook oor die geskiedenis. Bid nou vir die Koninkryk van God. 1. Dat God se wil sal geskied hier in Deneysville en in Suid-Afrika en regoor die aarde. 2. Bid dat God so deur jou en deur my gehoorsaam sal word dat dit op die vlak van die engele in die hemel se gehoorsaamheid mag kom. Besef dat ons hiermee ook bid dat ons ons sal bekeer. Vra die Here om jou te deursoek en te wys as jy op die verkeerde paaie iewers mag wees (Ps 139) 3. Bid dat God se koninkryk mag kom. Bid dat Sy koninkryk in jou en in my, se lewe duidelik sigbaar sal word vir ander as verheerliking en tot verheerliking van die Here. Bid nou vir Saterdag 22 April se sprekers, die hele geleentheid, veiligheid op paaie vir die geleentheid, en dat God se wil sal geskied daar. Bid dat herlewing sal begin en mense sal terugkeer na die Here! Weg van eiewilligheid en hulle eie sieninge oor God en geloof maar terug na God en wat God wil. Na die Onse Vader gebed was Jesus baie duidelik oor hoe belangrik, noodsaaklik, vergifnis is. Spandeer tyd hieraan om mense te vergewe. Maak jou verlede en hede skoon van enigiets wat jy nog nie laat gaan het, vergewe het en maak seker dat daar geen sweempie van haat of bitterheid in jou leef nie. Haal die las af. Sit dit neer en los dit by die Here. Hy het klaar vir dit gesterf, hoekom wil jy dit nog saamsleep. En o ja, vergewe jouself ook. Bid vir die gemeente: 1. Die Here se teenwoordigheid swaar op die eredienste sal rus ... mense dit kan aanvoel en kan moed skep in God se teenwoordigheid. Soos die volk in Nehemia wat onbedaarlik begin huil het oor hule sonde in Sy teenwoordigheid. Wat ookal die Here wil vermag in elkeen se lewe, dit moed kan gebeur. 2. Bid vir genesings soos Markus 16 van skryf.. 3. Bid vir meer dissipels en meer getuies van Jesus. 4. Bid vir die prediker, orrelis en gemeentesang om volledig onder beheer van die Gees te staan. Bid vir jou daaglikse brood. Groete in Jesus Carlie