Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In elke gelowige se gedagtes is Saterdag 22 April 2017. Die wie nie gaan nie lees daaroor en dink daaroor. En almal hoop en bid dat God sal ingryp, selfs meer ingryp as tans. So 'n paar gedagtes, dan voorbidding: 1. God is in beheer van die geskiedenis. Ek glo dat die Here besig is om verandering sonder bloedbad te bring in SA. Op vreedsame wyse gaan Hy nuwe leiers bring. My vrees is egter ook dat God in Sy wysheid mag besluit om dalk 'n ander leierskap te bring wat soos die Galdeers in Habakuk se tyd, verwoesting bring oor ons volhard in sonde. Neem dus 'n besluit en begin leef soos ons moet! Lees Efes 4: 17 en verder en kyk wat moet gebeur in jou lewe. 2. Ons is verby die punt waar ons die vinger na ander wys. God verwag dat ons ons moet bekeer. Dit is waar vernuwing en herstel begin, by jou. By my. 3. Ons praat nie van aanpassings maak in ons leefstyl nie. Ons praat van opnuut radikaal bekeer. Hoekom? Wel een vraag: Is jy 'n getuie?nie, of nie juis nie. Bekeer en begin leef as 'n getuie van Jesus. 4. Gebed vra 'n groter gehoorsaamheid. Kyk weer na Jesus in Getsemane. Of Jesus wat net gedoen het wat Hy by die Vader gehoor of gesien het in gebedstye. 5. Bid dat God se wil mag geskied. Voorbidding: 1. Bid vir herlewing in Deneysville. 2. Bid vir meer mense wat hulself as dissipels beskou (leerlinge van Jesus) 3. Bid vir geestelike verdieping in elke deeltjie van Jesus se gemeente in Deneysville. 4. Vir Saterdag se event: 1.1. Bid vir die sprekers 1.2. Bid vir herlewing 4.3. Bid vir einde van misdaad en korrupsie en sinnelose geweld (alle geweld) en haat.